Barre (stad), Vermont

Barre
Stad
Byname: 
Granite Center of the World
Ligging van Barre in Vermont, VSA
Ligging van Barre in Vermont, VSA
Koördinate: 44°11′41″N 72°30′23″W / 44.19472°N 72.50639°W / 44.19472; -72.50639
LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
DeelstaatVermont
CountyWashington
Geïnkorporeer op1895
Regering
 • BurgemeesterThom Lauzon
Oppervlak
 • Stad10,4 km2 (4 vk. myl)
Hoogte
186 m (609 ft)
Bevolking
 • Stad9 052
 • Digtheid870/km2 (2 300/vk. myl)
 • Metro
59 564
TydsoneUTC-05:00 (EST)
 • SomertydUTC-04:00 (EDT)
ZIP-kode
05641
Skakelkodes802
Webwerfbarrecity.org

Barre (/ˈbæri/) is 'n stad in die administratiewe distrik Washington County, deelstaat Vermont, in die Verenigde State. Volgens die VSA-sensus van 2010 het die stad 'n bevolking van 9 052 mense gehad. Die stadsgebied van Barre City word byna volledig deur die susterdorp Barre omsluit wat 'n onafhanklik geïnkorporeerde nedersetting vorm.

In die plaaslike media- en sakebedryf word Barre City dikwels as 'n susterstad van Montpelier behandel. Die twee stede word deur die grootpaaie U.S. Route 302 en Interstate 89 met mekaar verbind. Barre is ook die beduidendste stad in die gelyknamige mikropolitaanse gebied met 59 564 inwoners - die derde grootste in Vermont ná Burlington en Rutland. Barre is daarnaas die grootste stad in Washington County en die vierde grootste in Vermont, asook dié deelstaat se tiende grootste munisipaliteit.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy